New publication called myFiets hits the (digital) shelf

Written by:

The beautiful thing about the biking community is that there’s always space for the new kid in town. August this year, saw the launch of a new digital motorcycle publication, called myFiets. The editor is Réhann Coetzee who is a veteran in the motorcycle industry.myfiets

There is a serious lack of reading material dedicated to the Afrikaans community and they have created a quality publication to fill the gap in that market.

We caught up with Réhann to ask him a few questions.

UltimateVelocity (UV): First off, congratulations on a very professional and informative digital publication. How did you decide on your chosen medium?

Réhann Coetzee (RC): Baie dankie! Ek dink al vir ’n hele rukkie dat daar plek is in die mark vir ’n gehalte Afrikaanse motorfietstydskrif, maar die realiteit van die gedrukte media is dat sirkulasie deurlopend val en dit het baie duur geword om in ’n tradisionele tydskrif te adverteer. Daarom sou ’n nuwe tydskrif homself baie duidelik moet kan onderskei.

Ek het baie lank hieroor gedink en ook gekyk na wat oorsee gebeur en toe besef dat ’n digitale tydskrif nie net “anders” genoeg sou wees om uit te staan nie, maar ook aansienlik meer bied in terme van interaksie. Lewendige skakels (live links) in artikels en in advertensies maak myFiets baie meer dinamies as ’n gedrukte tydskrif.

Ek kan ’n stukkie video insluit in ’n padtoets of ritverslag om die artikel bietjie lewendiger te maak. Maar die grootste voordeel is vir die adverteerder. Hy (of sy) het nou die geleentheid om sy advertensie soos ’n aantreklike vertoonvenster te laat lyk en die leser in sy winkel in te lok. Met ’n goed ontwerpte advertensie, kan die adverteerder jou laat kliek op ’n skakel wat jou binne-in sy webwerf inneem en jou daar aansienlik meer wys as wat hy kan in net ’n advertensie.

Maar die besluit was nie maklik nie, my agtergrond in die media is van die gedrukte kant af. Ek sê altyd ek het ewe veel petrol en ink in my are, so dis bietjie van ’n drama vir my om die eerste ware digitale motorfietstydskrif te hê terwyl die reuk van nat ink my nog hoendervleis gee.

UV: How many people are involved in it at the moment?

RC: myFiets se struktuur is soos hulle in Engels sê, “lean and mean”. My dogter Marna is voltyds betrokke saam met my. Sy sien om na die sosiale media en is ook my amptelike fotograaf – sy het ’n besondere oog vir ’n foto. Sy help ook om die admin op datum te hou.

My vrou Tarina help na ure uit met die produksie. myFiets se ontwerp is ook deur haar gedoen.

En dan het ek baie medewerkers en bydraers. Een van my beloftes met die aanvang van die projek was dat daar meer stemme in die tydskrif moet wees. myFiets is miskien my droom, maar dis nie my ego-trip nie. Geen foto’s van die redakteur op die voorblad nie – verkieslik net geen foto’s van die redakteur nie!

UV: In your opinion, what is it that sets MyFiets apart from other digital or traditional print publications?

RC: In die digitale medium kan laat nuus maklik ingevoeg word. Met ’n tradisionele (gedrukte) tydskrif is jy redelik uitgelewer aan die genade van die drukkery en die verspreidingshuis. As jy jou saktyd mis, het jy moeilikheid. Die drukkery laat val jou sommer agter in die ry en dan is jou produk laat by die verspreiders en dit kan ’n hele week se agterstand beteken.

Ek kon myFiets met ’n week uitstel om sodoende die eerste tydskrif in die land te wees wat die 2014-modelle van Harley-Davidson te kon beskryf. myFiets was ook die eerste publikasie om die 2014 BMW R1200 GS Adventure se foto’s te wys – eers op ons Facebook-blad en toe in die tydskrif.

Anders as ’n gedrukte tydskrif, hoef ek nie vier blaaie op ’n slag rond te skuif as ek laat nuus wil invoeg nie. Dit gee my amper ’n onregverdige voordeel.

UV: What are some of the challenges associated with compiling a digital publication such as MyFiets every month?

RC: Die groot uitdaging is nie so erg in die digitale medium nie. Die grootste uitdaging vir myFiets in hierdie stadium is maar geld. Adverteerders wonder maar oor nuwe publikasies en daar is veral gewonder oor ’n Afrikaanse tydskrif. Ek sou baie graag groot groeptoetse wil doen en lesers uitnooi om saam met my byvoorbeeld ses eenderse motorfietse in Hazyview te gaan toets, maar dis eenvoudig nog nie geld daarvoor nie.

Maar ek is baie gelukkig met hoe die leserskap groei en die kommentaar van lesers – en die bedryf – gee my baie moed.

UV: What kind of feedback have you been receiving? Do people enjoy reading your publication in Afrikaans?

RC: Vir die eerste paar maande het al die lesersbriewe ook melding gemaak van die taal van die tydskrif. Ek was redelik seker dat die tydskrif sal werk in Afrikaans, maar die terugvoer van lesers gee my soms ’n knop in die keel. Daar is verstommend baie waardering vir die feit dat myFiets in Afrikaans is.

Die besluit om dit in Afrikaans te doen was glad nie polities gemotiveerd gewees nie. Ek dink dis alom bekend dat meeste motorfietsryers in Suid-Afrika Afrikaanssprekend is, so ek bied bloot ’n produk aan die grootste deel van die motorfietsgemeenskap. Afrikaanssprekendes het geen beswaar daarteen om Engels te lees nie, maar die Afrikaanse tydskrif maak duidelik vir ’n gewaardeerde ekstra keuse.

Ek het meeste van my skryfwerk maar in Engels gedoen, so myFiets is vir my nogal ’n heerlike verandering. Afrikaans is een van die jongste tale in die wêreld en dit is modern en dinamies. Die taal is so jonk, dat ons nog woorde kan skep. Ek is besonder trots op die woord “vrotpad” vir “off-road”. Ek het die woord in 2005 uitgedink en ek sien motorfietsryers begin dit nou gebruik.

UV: You’ve been involved in the biking community in various capacities over the years, can you share some of your highlights with us?

RC: Ek was 10-jaar oud toe ek begin motorfietsry het en na ek 16 geword het, het my pa vir my ’n Suzuki TS 50 gekoop. Op universiteit het hy vir my ’n Kawasaki Z440 gekoop en ek het daarmee gery tot ek begin werk het. Na ’n groot vriend van my dood is in ’n motorfietsongeluk het ek besluit om die fiets te laat gaan en my eerste kar gekoop.

In 2006 het ek weer begin ry en in 2007 het my oudste vriendin my omgepraat om by Think Bike aan te sluit. En dit was seker my begin in die bedryf gewees. Ek het van 2007 af in die nasionale komitee gedien (as mediabeampte, ondervoorsitter en voorsitter) en was een van die stigtersdirekteure toe Think Bike in ’n Artikel-21 maatskappy verander het.

Ek het vryskut gewerk vir TopBike en hier en daar vir ander publikasies geskryf. In 2011 is ek aangestel as die nasionale direkteur van AMiD (die vereniging van motorfietsinvoerders en –verspreiders).

Ek tree volgende jaar uit as direkteur van Think Bike.

UV: Finally, what bike do you want Santa to put in your stocking this Christmas?

RC: Ek weet nie of ek soet genoeg was nie, maar ek sal regtig hou van die 2014 BMW R1200 GS Adventure!

Réhann Coetzee

Réhann Coetzee

 

Website www.myfiets.co.za
Twitter @myFiets
Facebook Page www.facebook.com/myFiets

About the author

Buks has had a passion for two-wheels since childhood. After his first motorcycle, a fire-breathing two-stroke Yamaha TZR250, he realized he was hooked. When Buks isn't writing for UltimateVelocity he enjoys practicing martial arts, gardening and spending time with his family.